Friday 24 July 2015

Waar Is?


By Gerhard Elmar Schröder
Originally posted on Sunday, June 9, 2002


Ek staan hier hoog op 'n krans en staar uit oor...wat 'n oseaan behoort te wees. My voete staan op...wat 'n sagte groen mos moet wees. My gesig en hare is klam van...wat sagte druppels uit die wind moet wees.

Ek staan...

Liewe Heer waar was jy? Ek het wel gesien daar is bloed aan jou sy. Is ek, was ek of gaan ek? Ek kyk hier in die groot spieël wat die agterkant van my oog vir my hou. Ek sien lag, ek sien ek maak 'n verskil, ek sien...wat de fok sien ek? Ek doen dan dit wat U gesê het ek moet doen…gee.

Shakespear gooi roekeloos sy advies oor liefde: "Jy kan net dit gee wat jy het." Mooi William! Wat as jy so lank als gegee het en skielik is jy leeg! Wat maak jy as dit wat jy gee aan haar waaroor jou lewe gaan, boring is of as 'n depressie in koerantpapier toegedraai word of as manlike wellus verag word of sommer in sinus snot as laf beskryf word. Waar hy, wat vir haar die koning was, sy kleed moet gebruik om die vals saad van skaam eensaamheid van sy grot se vloer af moet afvee? Besef jy dat dit 'n leeg is wat iemand wat gemaklik is met alleen wees oor die vreemde terrein van eensaamheid terg?

Jy klop...en die lag binne hou net aan lag, niemand maak oop nie. Jy skraap die moed van die verworpe koning bymekaar...gryp die trompet wat jou donkertyd uitbassuin...niemand vra iets uit oor die fucked-up deuntjie nie.

Die trompet se liedjie het vae woorde...iets wat dit beskryf wat opgebottel het: Jy tas uit na dit wat heilig is, daardie simbole wat dit wat jy jou lewenstas mee gevul het, wat die NG man beskryf het as 'n eenheid...dit is "walglik" is die snyende opinie, jou hand word 1000 maal weggeklap. Die waslap van verwerping moet hierdie rituele walging wegvee. Die Bybel sê "draai die ander wang"...beteken dit dat dit op almal van toepassing is, selfs vir daai kus wat die eenheid moet verseël?

Die intelektueel verhewenes vee 'n kwas van opvoeding...vrouens ervaar seks meer emosioneel as mans. Ek verdoem hierdie vals profete met die groen brommers en wurms wat dit verdien. Ek is nie 'n vrou nie en dit is nie seks nie. Dit is die seël van die NG man se "eenheid". Hoe kan dit vir 'n uitgerekte agt jaar vassteek en eenvoudig op die yskas geplak word as nog 'n huistakie wat verrig moet word? Is die kinders se oppasser dan belangriker as die fluweel van verkoeling en genesing wat 'n naweek weg kan bring? Is die vroeg huistoe kom, geskenke, boodkappe, oorvluisters, skimpe, drukkies en luister dan alles verkeerd en kritiek?

Was U kruis ook oortrek met antibiotiese splinters en epileptiese drogbeelde? Het U ook nagte wakker gelê omdat dit wat U probeer sê het mense woedend laat wegstorm het?

Ek is stil. Waar de fok gaan ek nou? Waar het ek dan opgefok? Hoe moet ek dan gee, of mis ek die boodskap. Moses het sy boodskap teen die rotse stukkend geslaan. Waar's die rotse? Wat de fok is die boodskap? Wat moet ek stukkend slaan?


Cheers, MAlfaRK on behalf of Gerhard Elmar Schröder ©

No comments: