Sunday 26 July 2015

Die Sand Paradoks


By Gerhard Elmar Schröder
Originally posted on Sunday, June 9, 2002


Die droë besembos jaag die miskruier oor die sand.
Hy stop...hy huiwer...hy sit stil…en slaan aan die brand!

Die wolke steek op! Dis dan 'n woestyn!
Die reëndruppels plof neer op die sand...word 'n rivier, word modder, word 'n fontein.

Die water was my binneste. Die water maak my koud.
Die weerlig helder my nag op, maar maak my benoud.

Die sand is mooi. Die sand is warm.
Die akkedis geniet dit, maar die sand bly arm.

Jou oë is swart. Jou trane is nat.
Jou trane word 'n stroom...ek wil dit vir my vat.

Jy streel die kind se hare. Die kind lag en speel met die sand.
Die kind vat die modder en bou iets...aan sy mooi kant.

Die saadjies in die sand skiet grasgroen blare.
Opgewondenheid en jubeling bruis deur die groen are.

Jy is 'n skim in hierdie woestyn. My kind sien jou, vat aan jou skouer, Jy is weg.
My droom...jy en die woestyn word nou my kneg…

Die son is terug en brand hard neer.
Die blare krul om. Die kind se voete brand...seer.


Cheers, MAlfaRK on behalf of Gerhard Elmar Schröder ©

No comments: